• Magalies
10 episodes
'n Afrikaanse potgooi met ligte filosofie en nonsens-praat. Ons het geen antwoorde nie, maar steeds maak dit nie dat ons ons bekke hou nie. Nuwe episodes elke Woensdag!

Episodes

Klim uit jou boks en voel die multipotentialite in die lug
2021 Jul 211h 34m 12s
Michelle is die stigter van Instinctive Living, deel van Content College, en Celebrate Southern Africa wat binnekort die Celebrate Southern African Woman event gaan host. Vir 'n spesiale aanbod om by Content College aan te sluit, kyk hier.
Bewussyn, realiteit, sintuie, mindfulness
2021 Jul 141h 30m 48s
Wat is die verskil tussen om net 'n brein met insette en uitsette te wees en om diep ervarings te voel? Hoe word ons realiteit gevorm deur 'n brein wat in 'n donker gat sit met 'n paar drade na buitentoe? En.... so wat dan as ons die antwoorde het? Annaka Harris oor bewussyn.
Fietsry sektes met 'n polisie chase scene
2021 Jul 0743m 9s
Rudolph vertel van sy betrokkenheid by 'n fietsry cult en 'n clash met polisie. Artikel oor die toyi-toyi en die nuusberug.
Passop vir Deepak se kullery! (en jou eie ook!)
2021 Jun 301h 43m 20s
Rudolph en Evert borduur verder voort in the algemene rigting van logiese foute. Is hierdie die episode waar ons meer twyfel opklaar as verwarring saai? Moet liefs maar nie die potjie verkoop totdat jy die ding self geproe het nie! Deepak Chopra (wiki) en random wysheid skepper Carl Jung (wiki) - synchronicity (wiki) Greg Egan (wiki): Permutation Citi (wiki), Quarantine (wiki) CGP Grey - You are two (youtube) Kurzgesagt - What are you? (youtube) Ars Technica - Tegnologie webwerf
Sapiens: A Brief History of Humankind
2021 Jun 231h 35m 15s
Rudolph en Evert probeer Francios oortuig om die boek Sapiens te lees.
Nie Denkfoute nie (Logical Fallacies)
2021 Jun 161h 56m 56s
(Ok, eintlik gaan hierdie episode wel oor denkfoute, maar niemand luister as ons dit so betitel nie.) "Niks is beter as 'n Ferrari!... ...maar 'n Volla is darem beter as niks... ...So 'n Volla is beter as 'n Ferrari!" Klink reg, maar daar het erens 'n denkfout ingeglip! Tobie, Rudolph en Evert praat uiteindelik nie heeltyd net oor hulleself nie. Wat is die denkfoute wat mense gereeld maak? Hoe kan dit help om meer daarvan bewus te wees? Rudolph se hond op Wikipedia (wiki)
The Road - skoene polish of plakkies dra deur die lewe
2021 Jun 091h 25m 46s
Ons praat met Willem oor sy unieke loopbaan paadjie en die tye saam met Piet Botha wat 'n heel ander lewensuitkyk gehad het. Check uit "The Road", 'n dokumenter oor Piet Botha waarby Willem betrokke was.
Doelloos
2021 May 261h 10m 14s
As jy nou al sover gelees het in die inleiding is hier vir jou 'n moerse verrassing! Nee, ons is nie doelloos nie, in fact, hier solve ons die doel van die lewe probleem.
Is ons hensoppers?
2021 May 1240m 58s
Rudolph, Evert en Tobie praat oor voetsek uit die land uit. Sien hierdie maar as 'n intro vir julle onbetaalde gashere. Vanaf die volgende episode sal ons ons kakpraat haelgeweer min of meer mik in die rigting van ligte filosofie.
Inleiding - Nerd wees met Aliens en Time Travel
2021 Apr 2851m 50s
Inleiding tot die Magalies Potgooi! Ons stel onsself voor aan al die Magalies wat wil luister. Ons wys ook ons “nerd" kant en praat bietjie oor Time Travel en Aliens. Laat ons gooi! Evolusie en bang wees om voor mense te praat: link Convergent evolusie: link Pioneer Plaque: link
More episodes may be available on the podcast’s website.